About

Paradiso is ‘n geregistreerde opvoedkundige sentrum in George vir die afgelope 14 jaar. Ons is sentraal geleë in Meadestraat, naby die middedorp en verskeie laerskole. Ons akkommodeer drie, vier en vyf-jarige kleuters wat van die bottel en doek af is. Ons is ‘n privaat instelling, oop vir almal wat ons beleid aanvaar, die reëls nakom en die kontrak teken.

Die 4- en 5 jariges volg ‘n opvoedkundige program en hul juffrouens is gekwalifiseerde onderwyseresse. Alhoewel ons peuters nie formele onderrig kry nie, word hul elke dag opvoedkundig besig gehou en werk ons aan verskeie vaardighede. Ons het drie kleurvolle klasse en 'n groot goed toegeruste speelgrond vir die kleinvolk om in te speel.

Ons bied:
✏Opvoedkundige programme en uitstappies.
✏ Gekwalifiseerde onderwysers.
✏ Buitemuurse aktiwiteite soos ballet en rekenaarklasse.
✏ Veilige omgewing en sentraal geleë.
✏ Vakansies oop met spesiale vakansie program teen geen addisionele koste.
✏ Jaareinde konsert met al die kleinvolk.
✏ Pap in die oggende en ‘n gekookte middagete elke dag.